Hi Everybody
I am currently making e-books and books for Amazon Kindle, out of a Afrikaans storybooks series (Sahara Avontuur reeks), that was last published as storybooks during the 1980's.
F.A.Venter under the speudonym Meiring Fouche, created 40 books, that is about a South African (Teuns Stegmann) that joined the French Foreign Legion in the Sahara desert.  He wanted to take revenge there, for the fact that his brother was supposedly killed by Arabs, when his fighting airplane was shot down over the Sahara desert by Germans during the Second World War.
The books are all full of action, adventure and suspense, where Teuns is the center point around which everything takes place. Together with Fritz Mundt (a German), Jack Ritchie (an Englishman), Podolski (a Pole) and Petacci (an Italian), they experience one exiting adventure after the other in the Sahara desert.
Below is some of the original front covers of the books that was published in the 1980's and which I am going to use again for the e-books front covers.  Enjoy the front covers.
The first seven e-books are available on Amazon Kindle and many other stores on the internet.

See more info at: www.softcoverbooks.co.za  or  http://bit.do/eFZEW





Hi Almal
Ek is tans besig om e-boeke en boeke te maak vir Amazon Kindle, vanaf 'n Afrikaanse storieboek reeks (Sahara Avontuur reeks), wat laas gedurende die 1980's as storieboeke gepubliseer was. 
F.A. Venter onder die skuilnaam van Meiring Fouche, het 40 boeke in die betrokke reeks geskryf.  Dit gaan oor 'n Suid Afrikaner (Teuns Stegmaan), wat by die Franse Vreemdelegioen in die Sahara woestyn aangesluit het. Hy wil daar wraak neem vir sy broer, wat 'n vegterloods was gedurende die tweede wêreld oorlog en oor die Sahara woestyn afgeskiet is deur Duitsers en toe blykbaar deur Arabiere vermoor is.
Die boeke is almal vol aksie, spanning en avontuur, waar Teuns hom telkemale in die middel van al die drama bevind. Saam met Fritz Mundt ('n Duitser), Jack Ritchie ('n Engelsman), Podolski ('n Pool) en Petacci ('n Italianer), ervaar hulle die een na die ander spanningsvolle avontuur. Geniet die voorblaaie.
Die eerste sewe e-boeke is nou beskikbaar op Amazon Kindle en vele ander store op die internet.

Meer inligting te sien by: www.softcoverbooks.co.za  of  http://bit.do/eFZFw




In hierdie eerste verhaal van die Sahara Avontuur reeks, maak u onder andere kennis met Teuns Stegmann. Hy is ’n Suid-Afrikaner wat by die Frans Vreemdelegioen in die Sahara woestyn aangesluit het, om die dood van sy broer daar te kom wreek.

Sy verhaal begin waar ’n manskap van die Vreemdelegioen ’n aanval deur Arabiere in die woestyn oorleef. Hy praat van ’n wit vrou wat blykbaar die aanvoerder van die aanval op die Franse patrollie was.

Kolonel Le Clerq van fort Dini Salam besluit om dadelik iets daaraan te doen. Hy stuur toe sy getroue kaptein D’Arlan saam met tweehonderd man, waaronder Teuns en sy makkers val, om die sogenaamde wit heks se mag in die Atlasgebergte te gaan breek, voor sy te veel Franse bloed op haar hande het.

Baie gou beland die patrollie egter in ernstige moeilikheid. Hulle word vasgekeer deur die Doelaks in die woestyn, sonder ’n druppel water om te drink. Asof dit nie erg genoeg is nie, moet hulle later in ’n radioaktiewe Uraanmyn gaan werk. Af en toe word van die manne daar gestuur na die Berg van die Arende toe.

Gaan Teuns se vindingrykheid saam met D’Arlan wat beskou word as die Houdini van die woestyn, hulle uit die penarie red? Lees gerus die opwindende verhaal en vind self uit.

In die tweede verhaal uit die pen van Meiring Fouche het die Vreemdelegioen weereens te doen met El Karima, blanke vorstin van die Doelak volk. Sy het nog nie haar vernedering vergeet wat die lang, blonde Suid-Afrikaner met die naam van Teuns Stegmann, haar ses maande gelede aangedoen het nie. Hy het toe nie net haar liefde verraai nie, maar so byna ook haar hele volk uitgeroei.

Op een van hulle roetine patrollies in die warm Sahara sand, ontdek sersant Vermeer en sy manskappe twee dooie perde in die Sahara woestyn, wat deur vroue gery was. Groot is hulle skok toe hulle agterkom dat een van die vroue, die vrou is van kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam.

Kort daarna daag daar ’n sjiek op by die fort en eis dat Teuns Stegmann saam met hom moet teruggaan na Doetra, die vesting van El Karima se Doelaks. In ruil sal sy dan kolonel Le Clerq se vrou vrylaat. Le Clerq weier egter die versoek en dit noodsaak Teuns Stegmann om teen sy bevoelvoerder se wens, saam met die Arabier te ontsnap uit die fort.

In Doetra kom Teuns gou agter dat El Karima al haar beloftes verbreek, toe hy nie haar liefde vir hom wil beantwoord nie. Selfs nie eens toe hy die kolonel se vrou se vryheid probeer verkry, deur kaalhand met ’n reus te veg nie. El Karima besluit toe om vir Teuns en die Franse vrou van kolonel Le Clerq in Dini Salam te gaan doodmaak, deur hulle met twee perde te laat verskeur, maar dit weet die bevelvoerders van Dini Salam nie.

Hulp kom egter uit ’n onverwagte oord wat hulle meedeel van El Karima se planne. Sy versoek dat die hele garnisoen van Dini Salam die fort ongewapend moet verlaat en dan eers sal sy die Franse vrou van kolonel Le Clerq vrylaat. Kaptein D’Arlan, die Houdini van die woestyn, het sy hande behoorlik vol om die manskappe en die gevangenes te probeer bevry. Asof dit nie genoeg is nie, doen kolonel Le Clerq iets wat almal die skok van hul lewens gee...

Kaptein D’Arlan van die Franse Vreemdelegioen en twintig van sy uitgesoekte manskappe is op pad om ’n medalje aan ’n ou Arabier in die Sahara woestyn te gaan oorhandig. Die rede, omdat die betrokke Arabier se stam al vir sewentig jaar lank in vrede saamleef met die Vreemdelegioen. Op pad soontoe sien hulle in die verte hoe ’n kameel karavaan aangeval word deur honderd-en-vyftig legioensoldate.

Asof die feit dat dit Legioensoldate was, nie erg genoeg is nie, tel Teuns Stegmann, die blonde Suid Afrikaner in die legioen iets in die sand op, wat die raaisel net verder verdiep. By die oase van die Arabier wat hulle moet vereer, word hulle aangeval deur die vredeliewende Arabiere en ontdek dan dat hulle jong vrouens, mans en kinders deur legioensoldate weggevoer is. Groot verwarring heers en D’Arlan besluit om eers die nag daar deur te bring, voor hy die saak verder gaan probeer oplos.

Gedurende die nag word hy en sy manskappe egter deur die ander legioensoldate oorrompel en na ’n geheime tente dorp, in die middel van die woestyn geneem. Daar word hulle deur ’n Duitser onder hipnose geplaas en so gedwing om Arabiere opleiding te gee met ’n geheime wapen. Kort voor lank daag El Karima, die wit vorstin die Doelaks op en neem almal na haar hoofstad Doetra. Sy is nog steeds verlief op manskap Teuns Stegmann en weens sy hipnose trakteer sy hom in haar paleis, terwyl sy mede soldate opleiding gee aan die Arabiere.

Weens die “verraad” van die legioen wat Arabiese stamme aanval en hulle mense ontvoer, besluit al die Arabiese stamme om saam te staan en trek hulle op in hulle duisende na die fort Dini Salam, wat hulle omsingel. Kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam kry op ’n snaakse manier ’n boodskap van sy kaptein se verraad met die Arabiere en moet hy hom en sy fort dringend voorberei vir die aanval wat gaan volg, om hulle almal uit te wis.

Teuns Stegmann word genadiglik verlos van sy hipnose deur een van sy vriende en besef dan dat hy so gou as moontlik moet uitkom by fort Dini Salam, om die kolonel daar te waarsku van die toedrag van sake. Met sy dapperheid en vindingrykheid kry Teuns dit uiteindelik reg om met sy manskappe te ontsnap vanaf Doetra, maar die legioensoldate wat hulle vantevore ontvoer het en ook El Karima se Doelaks is kort op hulle hakke. Op hul jaagtog om eerste by Dini Salam te probeer uitkom, ontdek hulle iets in ’n grot wat almal groot skok van verbasing.

Intussen word Dini Salam aangeval deur sowat twintig duisend Arabiere en moet kolonel Le Clerq en luitenant Juin alles in hulle vermoë doen om die een wrede aanval na die ander te probeer stuit. Hulp vanaf die hoofkwartier word geweier en dit wil voorkom of fort Dini Salam verdoem is tot ’n nederlaag, maar dan gebeur daar iets baie eienaardigs onder die Arabiese hordes wat om fort Dini Salam saamgetrek is...

’n Patrollie van die Franse Vreemdelegioen bly drie dae langer weg as wat beplan was. Dan daag hulle onverwags by fort Dini Salam op, vasgemaak bo-op perde en so erg gemartel en geskend dat nie een van hulle meer lank lewe nie. Die blond Suid Afrikaner wat hulle vergesel het, het egter nie saam teruggekom nie. Hy is ook deur El Karima weggevoer na Doetra, die hoofstad van die Doelaks, om daar te gaan sterf op die heuwel van die berg arende. Net toe Teuns dink dat hy wreed gaan sterf op die heuwel van die arende, daag hulp op vanaf ’n ou vriend wat ook ’n wrok koester teen die vorstin van Doetra, El Karima. Voor Teuns en sy redder probeer ontsnap uit Doetra, besluit Teuns om die Doelaks se heilige Swaard van Doetra te gaan steel, uit die paleis van El Karima.

Intussen kry die bevelvoerders in Dini Salam opdrag van die Opperbevel in Frankryk dat hulle nou vir eens en altyd moet ontslae raak van die wit heks, El Karima, omrede sy al te veel Franse bloed op haar hande het. Kaptein D’Arlan, die spreekwoordelike Houdini van die Sahara, lê ’n fantastiese plan voor aan kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam. Dit is ’n gewaagde, maar uiters briljante plan wat die Legioen nog nooit vantevore toegepas het nie.

Met slegs sestig man tot sy beskikking, vaar D’Arlan en sy manskappe die Sahara woestyn binne, om sy plan van aksie uit te voer. Hulle slaag daarin om die eerste Doelak patrollie maklik te oorwin. D’Arlan se geheime plan skok die Doelaks in so mate dat El Karima toe vyfhonderd Arabiere stuur. Hulle kry die Legioen slegs omsingel, maar kan hulle ook nie oorwin nie. Dan besluit Karima om self tweeduisend Doelaks te lei om finaal te gaan ontslae raak van D’Arlan en sy sestig man in die woestyn.

Teuns het wonderbaarlik daarin geslaag om die heilige Swaard van Doetra uit die paleis te steel, maar die hele woestyn is in rep en roer om na hom te soek. Nie lank nie of Teuns word weer gevange geneem. Maar dan daag daar een van die natuur se kragtigste verskynsels op, wat Teuns die geleentheid gee om weereens te kan ontsnap. Hy bereik D’Arlan en sy manskappe wat deur El Karima aangeval word met tweeduisend Arabiere en wie se water en patrone bykans op. Dan doen Teuns Stegmann iets op sy eie, so onverwags en so ongelooflik dat dit almal totaal onkant vang en groot chaos veroorsaak in die woestyn…

Teuns Stegman, Fritz Mundt en Jack Ritchie raak in ’n kroeggeveg betrokke met Arabiere. Vir hulle straf word hulle tydelik verplaas na een van die ander Franse forte in die Sahara woestyn - Fort Laval. Toe die afloskolonne by Fort Laval opdaag, onder leiding van Luitenant Juin, besef hulle gou dat daar ’n groot skroef los is. Hulle sien geen lewe in die fort nie en die fort se poort staan wawyd oop.

Teuns en Fritz gaan saam met luitenant Juin om eers die fort te gaan ondersoek, terwyl hulle mede manskappe buite die fort wag. Binne in die fort word hulle en die soldate buite die fort gou oorrompel deur Brigitte Bonnet, suster van El Karima en die vorige vorstin van die Doelak volk. Sy wil weerwraak neem vir die dood van haar suster en wil nou die hele Vreemdelegioen vernietig.

Die dertig manskappe word opgesluit in die fort se slaapsaal, sonder enige kos of water en saam met die ander manskappe van die fort wat ook reeds oorrompel is. Dan hoor hulle iemand wat so aaklig skreeu van pyn dat dit koue rillings deur hulle stuur. Kort daarna word die lyk van die manskap uitgedra deur rampokkers wat rubber handskoene dra. Hulle verneem dan van Brigitte Bonnet dat sy ’n hoogs geheime wapen het, wat se uitwerking sy wil uittoets op die legioensoldate.

Die geluksgodin is teen Teuns Stegmann en hy word gekies as die volgende proefkonyn vir die wrede eksperiment. Nie lank daarna nie sien hulle deur die slaapsaal se vensters hoe sy lyk ook uitgedra word. Fritz Mundt en Jack Ritchie word gestuur om water en kos te gaan haal, voor dit permanent van hulle weg geneem word. Hulle kom egter nooit terug na die manne toe nie en word daar vir hulle gesê dat hulle doodgeskiet is omrede hulle probeer het om te ontsnap.

Die manne begin later waansinnig raak van die dors en hongerte. Dan begin daar snaakse dinge gebeur in die fort. Die perde, muile en kamele waarmee die rampokkers opgedaag het, verdwyn spoorloos. Die volgende dag word die marconis en ’n soldaat op die borswering van die fort dood aangetref. Asof dit nie erg genoeg is nie, begin die vasgekeerde manne in die slaapsaal snaakse geluide hoor wat vanaf die vloer onder hulle kom, in morsekode.

Brigitte Bonnet laat die plek twee maal behoorlik omkeer op soek na die skuldiges, maar vind elke keer niks nie. Professor Benesj daag die volgende dag op in ’n groot vragvliegtuig saam met nog meer soldate, om die geheime en dodelike wapen se impak op die soldate te kom voltooi. Byna dood van honger en dors wag die moedelose Vreemdelegioensoldate dat hulle na die woestyn geneem moet word, om daar aan die geheime wapen blootgestel te word. Maar net toe die finale verrigtinge ’n aanvang neem, bars die duiwel behoorlik los in Fort Laval en die een skok volg op die ander...

Vir die eerste keer is die vyf vriend van die Franse Vreemdelegioen bymekaar. Teuns Stegmann, Fritz Mundt, Jack Ritchie, Podolski die Pool en Petacci die Italianer is op ’n patrollie in die magtige Sahara woestyn, toe hulle oorval word deur ’n dodelike Sahara storm. Hul kanse op oorlewing in die oop woestyn lyk bitter kraal, maar dan sien hulle twee kamele êrens heen jaag en volg hulle die kamele. Net voor die storm in alle geweld toeslaan, bereik hulle een van drie klei-hutte naby ’n onbekende oase. Wat hulle daar in die hut aantref, skok hulle tot in hul tone en plaas hulle in groot gevaar...

Die sandstorm waai die klein oase se waterbron toe en kan hulle dit nie onder die tonne sand bereik nie. Met geen water tot hulle beskikking is hulle gedoem en besluit hulle om eerder die dood daar af te wag. Maar dan daag daar skielik ’n bomwerper met soldate op en word hulle gevange geneem en na Doetra geneem. Daar word hulle in ’n ondergrondse kerker gegooi. Hulle ontdek iets baie ongewoon onder die ou strooi in die kelder, wat hulle nuwe hoop gee op ontsnapping, maar gaan hulle betyds daarvan gebruik kan maak?

Brigitte Bonnet soek steeds vergelding vir die dood van haar suster, El Karima. Sy en haar sjeik owerstes besluit dat sy die Legioenmanne in die openbaar gaan onthoof, met ’n seremoniële swaard, voor al die stamme wat daar opgedaag het vir die spesiale dag. Die manne dink so wat hulle kan om te probeer ontsnap, maar daar is geen hoop nie. Tydens die teregstelling word daar ’n skoot van nêrens af geskiet en dit veroorsaak so groot beroering, dat alles eers tydelik gestop word.

Die Legioenmanne kry hierdeur ’n guldige blaaskans. Dan daag daar ’n man by hulle in die kerker op, wat die Vreemdelegioen lank gelede ’n groot guns bewys het. Hy vertel hulle iets wat hulle vir hulle moeilik is om te glo, maar besluit tog om saam met hom te werk. Deur ongewone omstandighede kry hulle dit reg om te ontsnap en kry sommer ook dodelike gasgewere in die hande. Maar die Doelak vesting in die Atlasberge wemel van duisende Arabiere wat ernstig op soek is na hulle en dan is daar nog die bomwerper ook...

Teuns Stegmann en van sy vriende ontsnap uit die vesting van die Doelaks in die Atlasgebergte, met ’n bomwerper. Hulle land daarmee in Dini Salam en vertel aan kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam, dat daar verskeie gaswapens in die vliegtuig is. Die dodelike gaswapens was bestem vir Brigitte Bonnet, leier van die Doelaks se aanval teen die Franse forte. Hulle verwag dat sy binnekort al die forte daarmee gaan aanval.

Dan bereik nog meer skokkende nuus hulle. Die heilige Swaard van Doetra word gesteel uit sy bewaring in die Franse hoofkwartier. Dit alleen is genoeg om feitlik al die Arabiere in die woestyn saam te laat staan, in hul stryd om die Franse juk finaal van hul skouers af te gooi. Kaptein D’Arlan, wat die bynaam Houdini van die woestyn gekry het, beraam ’n hoogs geheime plan wat hy aan kolonel Le Clerq voorlê. Met tweehonderd manskappe tot sy beskikking vertrek hy kort daarna die woestyn binne, om sy plan in werking te gaan stel.

Brigitte Bonnet, vorstin en leier van die Doelaks stuur vyfhonderd ruiters na die eerste Franse fort, Fort Laval. Maar tot hul verbystering is die fort dolleeg, buiten een baie dronk manskap wat agter gebly het. Hy vertel hulle ’n verhaal wat hulle amper nie kan glo nie. Die Doelaks beset dadelik die fort en maak planne om die volgende fort, fort Petain te gaan aanval. Fort Laval is egter toe nie so leeg as wat hulle aanvanklik gedink het nie en kry hulle die verrassing van hul lewe. Een Doelak ontsnap egter die dood en verwoesting. Teuns, Fritz en Jack Ritchie word gestuur om hom agterna te sit en te verhoed dat hy alarm gaan maak by Brigitte se hoofmag, wat reeds op pad is om die fort Dini Salam te gaan aanval.

Kort voor lank word hulle in die woestyn oorval deur ses gewapende drosters van die Franse Vreemdelegioen. By hulle het hulle iets, so ongelooflik en so belangrik dat Teuns weet hulle moet so gou moontlik probeer ontsnap, om die uiters belangrike nuus so spoedig moontlik aan kolonel Le Clerq te gaan oordra. Met ’n baie slim set slaag Teuns daarin om hulle drie te bevry, maar hulle vlug en vreugde is van korte duur. ’n Patrollie van twintig Arabiere kry hul spoor en volg hulle genadeloos deur die woestyn, om die skat wat hulle gevind het, terug te kan kry.

Intussen weet nie Teuns-hulle of kolonel Le Clerq wat van D’Arlan geword het nie. Hy en sy tweehonderd manskappe het eenvoudig spoorloos verdwyn. Dan daag daar skielik ’n see van derduisende ruiters op wat Dini Salam heeltemal omring. Brigitte Bonnet het opgedaag saam met duisende ander Arabiere en berei hulle voor vir die finale aanval teen Dini Salam, die volgende oggend. Vanaf die borswering in Dini Salam, sien kolonel Le Clerq ’n eensame ruiter aangejaag kom na die hooftent van Brigitte Bonnet. Nie lank daarna nie, vertek sy en drieduisend ruiters in ’n stofwolk na Doetra, hulle eie vesting. Die onbekende ruiter word begelei deur sestig van Brigitte se lyfwag op spierwit perde. Kolonel Le Clerq kan nie verstaan wat aangaan nie en besef dat hulle posisie hopeloos is. Maar dan besluit hy om iets gewaagds aan die saak te doen voor die volgende oggend. ’n Rooi ligstraal wat agter die duisende aanvallers in die lug opgeskiet is, is die teken waarop hulle gewag het…































Opmerkings